Afrikaans / English Home Kleine Drumsheigh Missie Gallery Nuus Kontak
 
 
 
MENU
HOME
KLEINE DRUMSHEUGH
MISSIE
GALLERY
NUUS
KONTAK & KAART
Kleine Drumsheugh

Die naam Drumsheugh, is van Keltiese oorsprong wat opsigself volksvreemd is in die Kalahari konteks. Die naam is ontleen vanaf verafverwyderde Skotland wat in skrille kontras staan met die barre Kalahari.

Na die Eerste Wêreld Oorlog (1913-1917) is die streek opgemeet deur ʼn Skotsgebore landmeter, genaamd Rodger “Malkop” Duke Jackson, wat plase geskep het deur onderverdelings van tussen 10200 en 12800 hektaar. Jackson was ʼn kleurvolle karakter en het baie van die plase vernoem na landmerke in sy geboorteland. Die meeste van hierdie name is steeds in gebruik vandag as watergate in die Kgalagadi Transfrontier Park en omliggende plase waarop kommersieel met wild en vee geboer word. Kleine Drumsheugh was oorspronklik deel van die plaas Drumsheugh en is gedurende 2008 onderverdeel en as sulks geregistreer.

Sover ons kon vasstel is Drumsheugh ʼn voorstedelike gebied naby Edinburgh, Skotland. Dit is seker nie te verregaande om te aanvaar dat die Skot redelik heimwee gehad het na sy moederland gedurende sy omswerwinge in die ongerepte en wilde Kalahari van die vorige eeu en vandaar besluit het om sy verlange vas te vang en te probeer verewig met Skotse plaasname.

 
     
 
 
       
Copyright © 2012 Bull's Eye Bonsmaras. Designed and Hosted by: Upington-Online